Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 194 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Op hierdie manier wil jy dus beweer om heeltemal volgens die goddelike orde te handel? En van jouself wil jy sê, dat jy en God een en dieselfde doel nastrewe? O jou aller ellendigste! Jy wil jouself met God gelykstel, ja jouself selfs bo Hom plaas, asof jy nog voortrefliker sou wees as Hy?! My beste, dit is tog al te bar! Dit kan voortaan nie meer geduld word nie! Daarom sal selfs jou skynvryheid van nou af aan weer redelik aansienlik beperk word, want jy het jou ernstig vergryp aan die regte van God, en vergryp jy op aarde saam met jou baälsdienare blindelings aan hulle wat in goud en silwer voorwend om God te dien! Jy het jou bowendien aan die regte van die konings en hulle volkere vergryp en hulle sal jou daarom spoedig die genadeslag toedien! Daar sal van jou niks anders oorbly as om met enkele varke die bekende afval te vreet nie! Maak nou egter dat jy wegkom, want ek het `n afkeer gekry van jou aanwesigheid!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 194, Paragraaf 10

Hoofstuk 194 Mobiele weergawe Kommentaar