Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 194 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Minerva sê: “Wat doen ek dan, wat teen jou Godsorde sou wees? Jy spreek voortdurend oor `n sekere ordening van God en skyn self in wese ook nie eens te vermoed wat dit eintlik is en waaruit dit bestaan nie. As ek, as die afgeskeide onsuiwer deel, die voortdurende teenpool van die suiwer deel van die Godheid voorstel, en dit onwrikbaar, soos die Godheid Self onwrikbaar in Sy suiwerheid bly - is dit dan iets anders as juis die Godsorde self in haar totaliteit? En wat doen ek dan, wat mens teenoor God as onreg, as iets slegs en boos sou kon aanmerk? Dit is waar, ek lei die mensdom steeds in versoeking om te sien of hulle in hulle deug voor God en Sy liefde die vuurproef sou kon deurstaan al dan nie. As hulle dit kan doen, wel, dan kom daar aan my versoeking sonder meer vir alle ewigheid `n einde. Kan hulle dit nie, dan word hulle deur my versoeking niks anders gegee nie as `n nuwe geleentheid om hulle vir die ware deug sterk te maak. – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 194, Paragraaf 2

Hoofstuk 194 Mobiele weergawe Kommentaar