Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 204 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

22. Paulus sê: “Dit is voorlopig onbelangrik. Ons het nou baie belangriker dinge te doen as om oor `n paar name te sit en baklei. Ek sal jou nou egter ander raad gee. Volg dit op en dit sal jou nie skaad nie! Val nou voor my hoogste en allerbeste vriend op jou knieë en sê: “O Heer, wees my arme sondaar genadig en barmhartig! Neem my as `n redelik verlore skaap op in U groot genade en laat my die uitstroming van U liefde en erbarming geniet!” Sê dit egter met alle warmte van jou hart, dan sal jy heil daardeur ondervind!”

23. Die humoris sê: “Vriend, jy verlang baie van my! Bedink net hoe al my bekendes my vir `n groot sukkelaar sal aansien! As iemand my dan sal vra: “Wie is hy dan, voor wie jy, as voor die allerheiligste altaarsakrament na die konsekrasie, op jou knieë geval het asof hy Onse Liewe Heer was?” Wat moet ek dan as antwoord gee?” Paulus sê: “Niks anders nie as: “Doen jy ook dieselfde, dit sal vir jou beter wees as om so ydel te vra, want Hy, voor wie ek neerval, is Jesus, die Christus, die Heer oor alle hemele en wêrelde!”

24. Nou val ons humoris op die grond en sê luid laggend: “Nee, dit is te veel van die goeie! Jy is, oftewel so nou en dan `n dwaas, of jy het plesier daarin om ons almal daarvoor te hou en jou te vermaak met ons swakheid! Dit is voldoende dat ons jou onder die naam van die ou, beroemde apostel vereer het, omdat jy vir ons, deur jou les, werklik `n ware apostel was. Dat jou vriend egter, wat daar nou eenvoudiger uitsien as jy, sonder meer Christus, die Heer sou wees en die twee ander hoogs waarskynlik ook `n paar apostels en die dame miskien wel die allersaligste maagd met die heilige Josef, dit gaan alle perke te bowe!

25. Vriend, ek sê jou nou in alle erns: “Kom nie na ons toe met dergelike grappe nie, want dit sal jou verdraaid sleg laat uitkom! Want weet goed, my anders hooggewaardeerde vriend, wat ek, hoewel ek geen fariseër is van Rooms-Katolieke snit nie, tog `n ware vereerder is van Christus en sy onbetwisbare goddelikheid volledig bely. Om hierdie rede is Hy vir my baie hoogs verhewe en te heilig as wat ek Hom hier, in die gewone straatvuilheid van Wenen, na benede sou wil trek! Glo my: Hoewel ek in menige opsig, veral op die gebied van die skone geslag, geen monnik, geen Plato en geen Sokrates is nie, is ek nietemin `n groot vriend, vereerder en aanbidder van Christus. Daarom versoek ek jou wel om met hierdie Naam van alle name ietwat behoedsamer om te gaan!”

26. Die sewe, wat hulle eerste by Paulus aangesluit het, sê nou ook: “Ja, Pepi het gelyk! Vir Christus, die Heer moet mens meer ontsag hê, en dit is nie mooi van ons andersins agtenswaardige vriend dat hy die Godseun wil verneder tot `n baie gewone mens nie!” Paulus sê: “Wees maar rustig, dit sal spoedig wel blyk of ek gelyk het of nie. Laat ons nou verder gaan, want hier is ons al heeltemal klaar. Die Heer gaan op die weg en dus gaan ons ook!”

Hoofstuk 204 Mobiele weergawe Kommentaar