Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 206 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

5. Seppl sê: “Nou ja, iedereen sal tog wel weet dat daar in so `n lykkis geen vermaaklike danspartytjies gegee word nie. Dat hierdie ou vorste deur hulle dikwels redelike tirannieke heerskappy menige stuk treurige geskiedenis oor die arme volkere gebring het, weet ek netso goed soos jy. En in hoeverre hierdie lykkiste eerbiedwaardig is of nie, weet ek ook. Of die eenvoudige Jood, waarmee die sogenaamde Paulus staan en praat, Jesus, die bekende Godseun is, al dan nie, is egter `n ander saak! Alles is moontlik, maar hier ontbreek dit ons nog aan egte sekerheid oor wat mens liewer as waar of as onwaar sou wil beskou. Dink jy dalk dat ek `n vyand van Christus is of nie in Hom glo nie? O, dan vergis jy jou ten seerste! Ek het Hom bomatig vereer en juis daarom het ek nog steeds my bedenkinge oor die Jood daar. Ek let op alles, maar as ek sien dat Hy dit miskien tog is, dan sal jy wonders belewe wat my gedrag ten opsigte van Hom betref! Want weet jy, ek het Hom mateloos lief!”

6. Die belastinggaarder sê: “Dit is baie mooi van jou, maar uit jou vroeëre manier van praat sou mens dit nie so maklik opgemerk het nie!” Seppl sê: “Ja, ja, omdat ek my nie so netjies oor die Roomse sekulêre uitgespreek het nie, dink jy dat ek miskien ook so `n domkop van `n antichris sou wees! Maar vriendjie, wag net `n bietjie: Mens kan eers `n lewendige vereerder en aanbidder van Christus wees, as mens in sy hart `n vyand van die pousdom is, want Christendom en pousdom staan presies so teenoor mekaar soos ja en nee. As jy dit nie van my wil aanneem nie, gaan dan na Paulus toe, hy sal dit vir jou in Hebreeus vertel, as jy dit nie so mooi op `n Duitse manier verstaan nie!”

7. Die belastinggaarder sê: “Ek het die Roomse godsdiens gladnie so sleg gevind nie en mens kan ook met haar salig word.” Seppl sê: “O ja, as mens hulle tevrede wil stel met die boerekalenderhemel; maar dit kos heelwat geld, tyd en geduld! Nou maan Paulus ons om stil te wees en daarom gehoorsaam ons hom!”

Hoofstuk 206 Mobiele weergawe Kommentaar