Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 217 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

Daaruit kan julle maklik agterkom hoe moeilik dit is om geeste, wat hulleself nie net as gode nie, maar as jou reinste heersers oor God beskou, om hulle tot die korrekte deemoed terug te bring. Juis baie sulke siele bly daar benede. Dit sal daarom regtig moeilik wees om by hulle iets uit te rig. Miskien kan daar `n paar ietwat sagmoediger wees, maar by die ander... daar sal julle die toppunt van hardnekkigheid sien! Maar vererg mag julle julleself nie en ook nie bang word nie, want hulle sal ook tekens doen deur fiksasies van hulle fantasie. Julle moet dit alles as bedrog beskou, wat heeltemal niks beteken en geen realiteit besit nie. Noudat julle dit weet, sal ons onsself rustig na benede begewe. Laat dit so wees!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 217, Paragraaf 5

Hoofstuk 217 Mobiele weergawe Kommentaar