Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Skriftekste

`n Goeie reël om die Ou en die Nuwe Woord met vrug te lees.  

(20 Desember 1843 se aand)

1. My liewe kinders! Met die volgende “aanvullings” wil Ek julle nou `n baie belangrike en nuttige voorskrif gee, waarsonder dit nutteloos is om goeie geestelike boeke te lees. Jy kan die Heilige Skrif netsoos dié Nuwe Woord duisend keer na mekaar deurlees, maar tog sal jy sonder hierdie reël geen stap verder daarmee kom nie. 

2. Jul e het deur die baie lees julle geheue tot by die rand volgeprop, maar vra nou net aan jou gees of hy ook baat daarby gevind het; dan sal sy vermoeide antwoord as volg lui: 

3. “Ek is wel chaoties met allerlei boumateriale omring en daar lê hope balke en stene opmekaar gestapel, maar van al dié materiaal is selfs nie eens `n skamele hut gebou waarin ek vry sou kon woon nie. Julle stapel weliswaar voortdurend boumateriaal op suiwer edelstene en die mooiste sederhout lê hier in groot hope voor my, maar ek is nie in staat om dit te orden nie. En as ek al so hier en daar begin het om `n bietjie orde te skep, dan word daar alweer `n kolossale hoeveelheid nuwe materiaal aangebring, sodat ek goed moeg daarvan moet word en ten laaste huiwer by die aanblik van die omvang van die materiaal wat georden moet word. Weemoedig vra ek myself dan af wanneer al dié materiaal ooit net tot `n woning saamgevoeg kan word. 

4. Kyk, dit is `n deeglike antwoord van die gees, wat elkeen wat baie lees duidelik in homself sal kan vind. 

5. As so iemand gedurende sy lewe `n paar duisend boeke gelees het, wat `n chaos moet dit dan ten slotte in sy geheue wees. En in die beste geval sien hy na al daardie baie lees nou eers in dat hy eintlik nog niks weet nie. 

6. Wat hou die bekentenis in? Dit is niks anders as een en dieselfde weemoedige klag van die gees, wat daarmee wil sê dat hy, ondanks die ontsettende groot hoeveelheid boumateriaal, selfs geen armsalige hut om vry in te woon, gebou gekry het nie.  

7. So is daar mense wat die Ou- sowel as die Nuwe Testament letterlik uit hulle kop ken. Vra mens hulle egter na die innerlike betekenis van slegs één enkele vers, dan sal hul e byna ewe veel daarvan weet as diegene wat geen enkele vers uit die kop ken en nouliks weet dat daar `n Heilige Skrif bestaan nie. Watter nut het die pragtige materiaal dan vir hulle? 

8. Die gees woon slegs in die geestelike. As daar van dié materiaal, in die innerlike Gees van die Waarheid, nie eens `n skamele hut vir hom gebou kan word nie, waar moet hy dan woon, waar sy rentmeesterskap uitoefen en van waaruit moet hy al die materiaal begin te sorteer? 

9. Is dit dan nie beter om minder materiaal te besit, maar vir sy gees wel dadelik `n klein respektabele woning daarvan te bou nie, sodat die gees dan oor `n vaste, vrye plek kan beskik van waaruit hy verdere planne kan maak en nuwe aankomende materiaal daarvoor kan gebruik? 

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar