Hoofstuk 1
![]() | Skriftekste |
6. Wat hou die bekentenis in? Dit is niks anders as een en dieselfde weemoedige klag van die gees, wat daarmee wil sê dat hy, ondanks die ontsettende groot hoeveelheid boumateriaal, selfs geen armsalige hut om vry in te woon, gebou gekry het nie. 7. So is daar mense wat die Ou- sowel as die Nuwe Testament letterlik uit hulle kop ken. Vra mens hulle egter na die innerlike betekenis van slegs één enkele vers, dan sal hul e byna ewe veel daarvan weet as diegene wat geen enkele vers uit die kop ken en nouliks weet dat daar `n Heilige Skrif bestaan nie. Watter nut het die pragtige materiaal dan vir hulle? 8. Die gees woon slegs in die geestelike. As daar van dié materiaal, in die innerlike Gees van die Waarheid, nie eens `n skamele hut vir hom gebou kan word nie, waar moet hy dan woon, waar sy rentmeesterskap uitoefen en van waaruit moet hy al die materiaal begin te sorteer? 9. Is dit dan nie beter om minder materiaal te besit, maar vir sy gees wel dadelik `n klein respektabele woning daarvan te bou nie, sodat die gees dan oor `n vaste, vrye plek kan beskik van waaruit hy verdere planne kan maak en nuwe aankomende materiaal daarvoor kan gebruik? 10. Hoe sou `n akker, ook al bestaan hy uit die vrugbaarste grond, lyk as `n mens derduisende gemengde sade tegelyk deurmekaar daarop uitsaai? Die saad sal goed opkom, maar wat het die saaier daaraan? Die opbrengs sal nouliks as minderwaardige veevoer kan dien. Die sterker plante sal die swakkeres verdring, die onkruid sal welig tier, en die graan sal slegs hier en daar yl en swak tevoorskyn kom.
|
Hoofstuk 1
![]() |
Mobiele weergawe ![]() |