Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Skriftekste

10. Hoe sou `n akker, ook al bestaan hy uit die vrugbaarste grond, lyk as `n mens derduisende gemengde sade tegelyk deurmekaar daarop uitsaai? Die saad sal goed opkom, maar wat het die saaier daaraan? Die opbrengs sal nouliks as minderwaardige veevoer kan dien. Die sterker plante sal die swakkeres verdring, die onkruid sal welig tier, en die graan sal slegs hier en daar yl en swak tevoorskyn kom. 

11. Hieruit blyk dus duidelik dat oral, waar julle êrens baat by wil vind, eers `n ordelike toestand geskep moet wees; anders word daar dorings, distels, onkruid en knolle deurmekaar heen verbou, en het niemand iets daarvan nie. 

12. Hoe sien `n dergelike ordelike toestand nou daaruit? 

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar