“Ek is wel chaoties met allerlei boumateriale omring en daar lê hope balke en stene opmekaar gestapel, maar van al dié materiaal is selfs nie eens `n skamele hut gebou waarin ek vry sou kon woon nie. Julle stapel weliswaar voortdurend boumateriaal op suiwer edelstene en die mooiste sederhout lê hier in groot hope voor my, maar ek is nie in staat om dit te orden nie. En as ek al so hier en daar begin het om `n bietjie orde te skep, dan word daar alweer `n kolossale hoeveelheid nuwe materiaal aangebring, sodat ek goed moeg daarvan moet word en ten laaste huiwer by die aanblik van die omvang van die materiaal wat georden moet word. Weemoedig vra ek myself dan af wanneer al dié materiaal ooit net tot `n woning saamgevoeg kan word. – Skriftekste, Hoofstuk 1, Paragraaf 3
|