Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Skriftekste

12. Uit hierdie redenering kan jul e duidelik aflei welke effek die wind en die stortreëns uit die Bybel op ons wêreldse gebou op sand gehad het. Is so `n op sand geboude mens egter eenmaal verniel, dan mag diegene wat dit wil, hom weer saamraap: Ek en al My engele beskou so `n taak as één van die allermoeilikste, en dit is makliker om tienduisend mense uit alle steë en strate vir die groot gastemaal van die Lewe binne te bring, as één so `n mens wat met die lees van die Bybel, `n soort koeihandel dryf. 

13. Soos dit gaan met die lees van die Bybel, so is dit ook gesteld met die lees van verklarings van haar diepere geestelike betekenisse. Want elkeen sal sê: “As dit die betekenis is, waarom is dit dan nie so geskryf nie?” 

14. En al verklaar jy hulle die redes van die beeldspraak hoe duidelik, dan sal hul e jou maar net in die gesig uitlag en sê: “Na afloop van `n gebeurtenis is dit maklik om te profeteer! Want elke onsinnigheid laat hom soos deeg word en mens kan dit omvorm soos mens wil; want chaos is die basis van alle dinge: Daaruit is na verloop van tyd alles te vorm. Waarom gee mens geen profesie sodanig dat dit letterlik uitkom nie? Die redes is dat mens dit vooraf nie kan weet nie; daarom kies mens misterieuse onsin waaruit hulle elke gebeurtenis wat in die toekoms kan plaasvind, laat vorm.” 

15. Dit is dan ook die eindoordeel, wat selfs geen mag van `n sentraalson tot niet kan maak nie. Ek dink dat dit duidelik genoeg is. Nietemin sal ons nog meer sentraalsonne daarby bring. Daarom die volgende keer nog `n sentraalson.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar