Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Skriftekste

13. Soos dit gaan met die lees van die Bybel, so is dit ook gesteld met die lees van verklarings van haar diepere geestelike betekenisse. Want elkeen sal sê: “As dit die betekenis is, waarom is dit dan nie so geskryf nie?” 

14. En al verklaar jy hulle die redes van die beeldspraak hoe duidelik, dan sal hul e jou maar net in die gesig uitlag en sê: “Na afloop van `n gebeurtenis is dit maklik om te profeteer! Want elke onsinnigheid laat hom soos deeg word en mens kan dit omvorm soos mens wil; want chaos is die basis van alle dinge: Daaruit is na verloop van tyd alles te vorm. Waarom gee mens geen profesie sodanig dat dit letterlik uitkom nie? Die redes is dat mens dit vooraf nie kan weet nie; daarom kies mens misterieuse onsin waaruit hulle elke gebeurtenis wat in die toekoms kan plaasvind, laat vorm.” 

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar