Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Skriftekste

3. Na wie lyk die wyse man? Sekerlik na hom wat vir hom vooraf `n stewige ondergrond besorg het met die twee bekende gebooie. As daar dan storms en hewige reëns kom, kan dit hom nie net geen skade berokken het nie, maar maak hy sy huis op die rots selfs nog stewiger, want die winde droog die gemesselde mure van die huis uit en laat dit verlang na vog. Die reën word dan deur die droë mure van die huis opgesuig en los klein deeltjies in die voeë op, die word dan klewerig en maak by baie herhalings van dié proses die messelwerk steeds stewiger.  

4. Praktyk voorbeelde van hierdie waarheid kan jy vind by alle, baie eeue ou ruïnes van `n kasteel; en as daar net een êrens afgebreek moet word, dan is dit makliker om nuwe gemesselde stene af te breek, as dergelike ou messelwerk. Dit kom deur die oplossende vermoë van die reën wat bepaalde bestanddele van die steen in `n klewerige kalkklei verander en so met verloop van tyd die hele messelwerk tot één vaste geheel verbind. 

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar