Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Skriftekste

6. Maar wat `n heel ander uitwerking het die wind en stortreën op die gebou wat daar benede op los sand gebou word. As die winde kom en daar teen daardie losstaande gebou waai en dit laat skud en as die water dan kom wat deur die stortreën teweeggebring word, beteken dit die einde van die gebou. Die winde blaas die mure, wat vanweë die slegte ondergrond al vol skeure en barste sit, onderstebo; die water trek die hele gebou maklik omver en spoel dit na een of ander nabygeleë stroom, waar dit volledig ten gronde gaan. 

7. Ek dink dat dit wel so duidelik is soos `n sentrale son! Iemand wat geen vae benul het van enige geestelike voorbereiding nie, moet wel ten gronde gaan as hy die geestelike winde en die geestelike stortreëns oor hom heen laat kom, omdat dit van hom `n stewige gebou oftewel `n standvastige, geestelik wyse man sal maak. 

8. Gee `n geheel of tenminste half-wêreldse mens die Bybel in die hand en sê aan hom: “Vriend! Lees vlytig hierin en jy sal vind wat jou ontbreek: `n Verborge skat waarna jy altyd gevra het, bestaande uit goud, silwer en edelstene, die volkome lewe vir jou siel.” Na hierdie raad sal hy dadelik `n Bybel vir hom aanskaf en dit baie aandagtig lees. 

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar