Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Skriftekste

14. Die hoer sal, gedryf deur haar pas ontwaakte egte liefde, van haar beroep afsien en sal `n geliefde vrou van die bruidegom word, en sy sal wees soos `n Magdalena, wat eers die laaste onder alle vroue van Israel was, maar toe die ware bruidegom haar geroep het, het sy die eerste onder alle vroue geword wat met die Bruidegom Self die groot opstanding tot die ewige lewe gevier het!   

15. Sy het geen boeke gelees nie. Maar toe sy die Ware herken het, het sy dadelik afstand gedoen van haar wêreldse genietinge en het `n sterk, onverwoesbare liefde vir Hom opgevat, wie sy as die Ware herken het. Uit liefde tot Hom het sy alles opgeoffer wat sy op die wêreld besit het. 

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar