Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Skriftekste

15. Sy het geen boeke gelees nie. Maar toe sy die Ware herken het, het sy dadelik afstand gedoen van haar wêreldse genietinge en het `n sterk, onverwoesbare liefde vir Hom opgevat, wie sy as die Ware herken het. Uit liefde tot Hom het sy alles opgeoffer wat sy op die wêreld besit het. 

16. Kyk, vir so `n bruid was Ek die egte lewende verwerkliking van die weg, die waarheid en die lewe! 

17. In die tyd was daar sekerlik baie wat My ook as sodanig herken het, maar wie nie daarvolgens wou handel nie. Daarom geld ook vir hulle die teks: “Baie eerstes sal die laaste wees en baie laastes die eerstes.” 

18. Maar is die weg, die waarheid en die lewe dan metterdaad werklik so moeilik? Staan daar nie: “My juk is sag en My las is lig!”? Ja waarlik, so is dit ook! Die hele weg, die waarheid en die lewe en die sagte juk en die ligte las lê beslote in die twee gebooie van die liefde.  

19. Is dit dan werklik so moeilik om Hom lief te hê wie die ewige liefde Self is, en is dit so moeilik om jou naaste lief te hê? Voorwaar, niks is makliker as dit nie! Verwyder maar net die wêreldse sake, hierdie ou pes van die gees, uit jou hart en jy sal ervaar hoe heerlik en maklik dit is om die ewige Liefde en ook jou naaste lief te hê. 

20. Maar dit is inderdaad moeilik om die ewige Liefde en die naaste lief te hê, as die hart vol is van die wêreld, vol van wêreldse berekenings, vol van geld, vol spekulasie en vol helse wiskunde, wat haarfyn weet om te bereken hoeveel `n stuiwer per jaar aan woekerrente oplewer. 

21. Ja waarlik, waar die hart vervul is met dié soort vaardighede, daar sal die “Heer, Heer!” nie baie help nie, en die weg, die waarheid en die lewe sal daardeur smal en doringrig word, sodat hy nouliks ooit bewandel sal kan word. 

22. Waarvoor het die lees van duisende nog so waardevolle boeke dan sin? Sal hulle iemand tot lewe wek wat steeds besig is om sy hart meer en meer met allerlei aardse afval vol te stop?  

23. Sê net, kan iemand van julle kinders met `n standbeeld verwek? Of sal `n nog so kunstig geskilderde saadkorrel opkom, as jy dit in die aarde plaas? Nóg die één, nóg die ander! Die lewende kan slegs met die lewende nuwe lewe voortbring; so kan ook die lewende woord slegs in die lewende hart weer vrug dra.   

24. Vir die geestelike dooie is die lewende woord egter ook niks anders as `n geskilderde saadkorrel nie, en ook al saai hy hoe baie sulke saadkorrels in homself, hy sal nooit `n vrug voortbring nie; omdat hy die woord nie tot lewe bring nie, en sal dit ook nie lewend word in hom nie. 

25. Wie egter slegs weinig hoor, maar dit goed navolg, die handel volgens My woord en soek werklik die ryk van God, en al die ander sal hom daarby gegee word. Ek dink dat dit ook duidelik is; maar die volgende keer nog meer sentraalsonne!

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar