Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Skriftekste

“Ek het dors!” “Dit is volbring!” (Johannes 19:28 en 30) 

(28 Desember 1843 se aand)

1. Omdat jy uiteindelik nie kan sê dat nie elke teks `n sentraalson is nie, maar slegs die, welke Ekself hier aangee, moet jy daarom nou self `n willekeurige teks kies. Ons sal dan sien of die kern daarvan die geestesoog nie netso helder verlig soos `n sentraalson nie. Kies dus! 

2. Jy het die twee klein tekste geneem: “Ek het dors!” en “Dit is volbring!” 

3. Voordat ons dit van naderby toelig, verseker Ek jul e, dat Ek die keuse volkome vry gelaat het; anders sou jy ten slotte kon sê dat Ek presies dit ingegee het wat Ek kan gebruik. En nou eers gaan ons oor tot die hoofsaak. 

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar