Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Skriftekste

12. Daar staan dan wel: “Dit is volbring!” Maar wat? My eie stryd vir julle; want meer kon Ek, as julle Skepper, God en Heer en die ewige Lewe Self, nie doen as om julle dood op My te neem nie. 

13. Dat Ek in My ewige gees egter nie gedood kan word nie, benodig geen verdere verklaring nie. Slegs die stryd vir julle lewe kan Ek tot die uiterste voortsit. Maar omdat julle self eindigend is, moet hierdie stryd ook die hoogs moontlike doel hê. Is dié doel bereik, dan is die stryd van My uit beskou, volbring, - maar dalk ewenwel ook vir julle, wat My, wie vir julle lewe gestry het, uit dankbaarheid, in plaas van lewende liefdewater, slegs asyn met gal aangegee het. 

14. Dit is weliswaar volbring; maar nie vir julle nie, dog helaas slegs vir Myself, oftewel: Ek het alles vir julle gedoen wat ook maar in die goddelike mag lê; daarom het Ek My werk terwille van jul e volbring. Maar handel julle ook daarvolgens, asof dié werk in julle volbring sou wees? 

15. O ja, jul e lees en skryf ywerig en julle praat ook graag met mekaar oor My; maar as Ek sê: “Wy slegs `n volle uur per dag aan My, in plaas van om julle tyd te bestee aan wêreldse gedagtes en genoegsaamheid; heilig daardie uur daarvoor, dat julle met niks anders in julle hart besig sal wees as met My nie!”, O, honderd besware sal julle hê en honderd wêreldse gedagtes sal soos `n warrelwind om één enkele swak geestelike gedagte heen draai. 

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar