Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Skriftekste

14. Dit is weliswaar volbring; maar nie vir julle nie, dog helaas slegs vir Myself, oftewel: Ek het alles vir julle gedoen wat ook maar in die goddelike mag lê; daarom het Ek My werk terwille van jul e volbring. Maar handel julle ook daarvolgens, asof dié werk in julle volbring sou wees? 

15. O ja, jul e lees en skryf ywerig en julle praat ook graag met mekaar oor My; maar as Ek sê: “Wy slegs `n volle uur per dag aan My, in plaas van om julle tyd te bestee aan wêreldse gedagtes en genoegsaamheid; heilig daardie uur daarvoor, dat julle met niks anders in julle hart besig sal wees as met My nie!”, O, honderd besware sal julle hê en honderd wêreldse gedagtes sal soos `n warrelwind om één enkele swak geestelike gedagte heen draai. 

16. Allerlei wêreldse oorwegings sal dan in julle opkom en as iemand dan tog sou besluit om so `n uur aan My te wy, dan sal hulle hulleself sekerlik nie so erg daaroor verheug nie, maar eerder `n enigsins onbehaaglike teensin ondervind daarby en die minute met ongeduld aftel en na die einde van die aan My gewyde uurtjie uitsien.   

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar