Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Skriftekste

21. Gee vir hulle mooi boekies met allerlei verhaaltjies wat, wat My betref, ook op My betrekking mag hê; hulle sal dit heel graag lees, veral as daar so nou en dan van `n romantiese huwelik sprake is of as wonderbaarlike sprokies daarin voorkom. Gee hulle egter `n ietwat ernstiger boekie en hulle sal dit met eweveel sin lees as wat `n verwende hond `n droë broodkrummel eet, wat hy hoogstens besnuffel, maar dan baie gou met die stert tussen die bene en hangende ore wegloop. 

22. Omdat die doen egter nog altyd iets ernstiger is as om maar net die mees ernstige boek te lees, kan mens maklik begryp hoeveel moeite die doen daarvan sal kos. 

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar