Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Skriftekste

23. Baie mense luister graag na goeie musiek van kunstenaars; maar hoe weinig van hulle wil soveel selfverloëning aan die dag lê om deur `n inspannende studie self kunstenaar te word? 

24. Luister is maklik en lees nie moeilik nie, netso maklik is die toekyk; maar die selfdoen het vir niemand `n groot aantrekkingskrag nie. Watter nut het iemand aan kennis as hy dit nie toepas nie.   

25. Kyk, dit is alles asyn met gal en volbring niks nie! Wel in My, want daarvoor het Ek aan elkeen al die denkbare gegee, maar nie in die mens wat dit nie as sodanig en vir die doel waarvoor Ek dit vir hom gegee het, wil gebruik nie. 

26. Luister daarom nie net na die Woord nie, maar handel ook daarvolgens. Want slegs deur te handel, kan jy My dors les met die lewende water van die liefde, anders gee jy My altyd asyn en gal. 

27. Ek dink dat dit ook duidelik sal wees; die volgende keer ewenwel nog meer sentraalsonne!

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar