Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Skriftekste

4. “Ek het dors!” Waarna? Na die liefde wat die wêreld nie het nie, soos hulle My ook slegs asyn en gal gegee het om My dors te les, in plaas van die lewegewende water, en dit doen die mens tot nou toe nog steeds. 

5. “Ek het dors!” Waarna? Na die lewe wat Ek van ewigheid aan Self is en wat Ek vanaf die oerbegin in so `n ryklike hoeveelheid aan tallose wesens verspil het! 

6. Dit is dus die lewe waarna Ek dorstig is. Ontelbare male het dié lewe in die dood oorgegaan. Ek het gekom om dit aan die dood te ontruk. Daarom het Ek op die oomblik van die groot verlossing so `n groot dors na daardie verkwiste lewe gehad; maar die dood het sodanig die oorhand gehad, dat die ewig lewende bloed van die Liefde hom nie kon opwek nie.  

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar