Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Skriftekste

7. Toe Ek verlang het om die lewe te drink, het die mens My nie die lewe gegee nie, maar die mens het My die dood gegee om te drink. Dit was asyn en gal; asyn as simbool van die sametrekkende en verhardende, en gal as asyn van haat, toorn en gramskap. 

8. Dié beeld is helder en duidelik beskryf en ons sal sien of ons dit verder kan gebruik. 

9. Daarom roep Ek voortdurend aan elkeen, netsoos aan julle: “Ek het dors!”, of wat dieselfde is: “Het My lief, gee My jou liefde te drink! Het God bo alles lief en jou naaste soos jouself. Dit is die water van die lewe in julle waarna Ek dorstig is.”  

10. Ek vra julle: Gee julle My wel dié water? Of is dit ook asyn en gal wat julle My aangee? 

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar