Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 6 Skriftekste

“En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommiges het getwyfel.” (Mattheüs 28:17) 

(29 Desember 1843 se aand) 

1. Ook hier het julle weer die vrye keuse van `n teks; kies en ons sal sien of hy ook vir ons doel as sentraalson geskik is. 

2. “En toe hulle Hom sien, aanbid hulle Hom, maar sommiges het getwyfel.” 

3. Jy het hierdie teks geneem en daarmee ook weer die spyker op die kop geslaan. Hierdie teks kan as baie belangrik beskou word. 

4. “Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid.” Wie sien hulle dan, waarmee sien hulle Hom en hoe aanbid hulle Hom?  

5. Hulle sien My, die Heer. Waarmee? Met hulle oë. En hoe aanbid hulle My? Met hulle mond. Waarom aanbid hulle My dan? Omdat hulle deur dié wonder geweet het wie Ek is; hulle weet naamlik dat Ek die Heer is. Hoe weet hulle dit? Hulle weet dit deur My leer en deur My werke en deur die wonder van My opstanding. 

6. Nou sal ons kyk of jul e nie net so maak nie! 

7. Julle sien My weliswaar nie met julle oë nie, maar julle sien My des te meer met julle ore en met die oë van julle siel, synde julle bevattingsvermoë. Want die sien met die oë is wel die minste, omdat waargeneemde beelde baie vlugtig is en nie bly bestaan nie. Soos wat die ou spreekwoord dit korrek uitdruk: “Uit die oog, uit die hart.” 

8. Maar wat julle met die ore waarneem is al duursamer, want `n verneemde woord kan julle elke oomblik presies so weergee as wat julle dit gehoor het. Probeer net dieselfde met `n waargeneemde beeld. Selfs `n bekwame tekenaar of skilder sal moeite daarmee hê om `n waargeneemde beeld presies so weer te gee as wat hy gesien het. 

9. Maar voorwerpe, beelde en begrippe wat via die oor opgeneem is, word getrou onthou. Vanweë hierdie betroubaarheid kan julle spreek, selfs in verskillende tale. So kan julle wat julle eens gehoor of gelees het, ja selfs wat julle gesien het, getrou weergee soos julle dit gehoor, gelees en gesien het, selfs nog na `n lang tyd, sonder dat die indruk vervaag het, terwyl julle via die lig van julle oë nie eens `n beeld wat vir julle duidelik is, natuurgetrou kan nateken nie. 

10. Hieruit blyk tog duidelik dat die waarneem met die oor onvergelykbaar baie hoër staan as die sien met die oog. Dus staan die hoor van die klank van `n woord op `n baie hoër vlak as die bekyk van die uiterlike vorm van `n afbeelding. 

11. `n Blinde kan heel goed `n wyse man wees, maar iemand wat nie kan praat nie, sal dit meestal nie so ver bring nie, omdat dit gewoonlik `n gevolg is van doofheid. En tog het doofstommes gereeld `n skerper gesigsvermoë as diegene wat goed hoor en daarom nie stom is nie. 

12. Hieruit volg dat dit dat waarneming met die oor baie hoër staan as sien met die oog. Sien met die oog kan iemand wel verras en in verrukking bring, veral by seldsame voorwerpe; maar die leer word alleen deur die oor opgeneem. 

13. Hieruit volg dus ook weer dat dit beter is om te hoor as om te sien. Wat deur die gehoor na binne kom, verhelder en orden die verstand, maar wat die oog waarneem, veroorsaak gereeld groot verwarring. 

14. Byvoorbeeld as `n vrou toevallig iets oor `n nuwe mode sou hoor, maar nooit iets daarvan sou sien nie, sou dit haar smaak nie beïnvloed en sou sy haarself nie maklik vir `n nuwe dwase mode gewonne gee nie; maar as sy ook nog afbeeldings daarvan sien, bring dit verwarring in haar goeie eenvoudige smaak en maak die vrou baie gou tot `n dom ydeltuit, wat My meer vererg as tienduisend dwase. 

Hoofstuk 6 Mobiele weergawe Kommentaar