Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 6 Skriftekste

“En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommiges het getwyfel.” (Mattheüs 28:17) 

(29 Desember 1843 se aand) 

1. Ook hier het julle weer die vrye keuse van `n teks; kies en ons sal sien of hy ook vir ons doel as sentraalson geskik is. 

2. “En toe hulle Hom sien, aanbid hulle Hom, maar sommiges het getwyfel.” 

3. Jy het hierdie teks geneem en daarmee ook weer die spyker op die kop geslaan. Hierdie teks kan as baie belangrik beskou word. 

4. “Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid.” Wie sien hulle dan, waarmee sien hulle Hom en hoe aanbid hulle Hom?  

5. Hulle sien My, die Heer. Waarmee? Met hulle oë. En hoe aanbid hulle My? Met hulle mond. Waarom aanbid hulle My dan? Omdat hulle deur dié wonder geweet het wie Ek is; hulle weet naamlik dat Ek die Heer is. Hoe weet hulle dit? Hulle weet dit deur My leer en deur My werke en deur die wonder van My opstanding. 

6. Nou sal ons kyk of jul e nie net so maak nie! 

7. Julle sien My weliswaar nie met julle oë nie, maar julle sien My des te meer met julle ore en met die oë van julle siel, synde julle bevattingsvermoë. Want die sien met die oë is wel die minste, omdat waargeneemde beelde baie vlugtig is en nie bly bestaan nie. Soos wat die ou spreekwoord dit korrek uitdruk: “Uit die oog, uit die hart.” 

Hoofstuk 6 Mobiele weergawe Kommentaar