Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 6 Skriftekste

20. Maar Ek verskyn nog `n keer en vra julle, Petrusse, nie driemaal nie, maar meer male: “Het julle My lief?” Dan sê julle mond: “Ja!” Maar as Ek net goed in julle harte kyk, lyk dit gereeld soos `n treurige herfsdag, in allerlei smerige aardse newels gehul, en deur al die newels kan Ek dan nie sien of dié “ja” wel in alle erns met gloeiende skrif in die grond van julle hart geskryf staan nie. Dit kan wel daar geskryf staan, maar waarom is daar soveel newels wat die hart dikwels sodanig verduister, dat mens hierdie lewende inskripsie van liefde tot My, nie goed kan waarneem nie?!  

21. Daarom weg met die newels! Weg met die enkel aanskou en aanbid, sodat hierdie inskripsie, die doen volgens die woord, baie duidelik sigbaar word, en uiteindelik Ekself vanweë die steeds helderder wordende lig van die geheiligde lewende skrif in julle harte! 

Hoofstuk 6 Mobiele weergawe Kommentaar