Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 6 Skriftekste

21. Daarom weg met die newels! Weg met die enkel aanskou en aanbid, sodat hierdie inskripsie, die doen volgens die woord, baie duidelik sigbaar word, en uiteindelik Ekself vanweë die steeds helderder wordende lig van die geheiligde lewende skrif in julle harte! 

22. Wat het die baie lees en begryp voor nut as die handeling agterweë bly? Waarvoor het sien en aanbid sin, as voortdurend daarby gevra moet word: “Petrus het jy My lief?”  

23. Magdalena het My ook gesien; maar Ek het haar nie gevra nie: “Magdalena, het jy My lief?” Ek moes haar juis vanweë haar liefde teëhou; want dadelik by die eerste aanblik het haar liefde vir My al te hewig ontwaak. “Raak My nie aan nie!”, moes Ek aan haar sê, wie se hart by die eerste aanblik in vuur en vlam gestaan het.  

24. Maar aan Thomas moes Ek sê: “Lê jou hand in My litteken!” en aan Petrus moes Ek vra of hy My liefhet. Daar was die “Raak My nie aan!” nie op sy plek gewees nie, want nóg in Petrus en nóg in Thomas het `n hart vir My geklop soos daardie van Magdalena. 

25. Daarom hoef Ek ook nie aan julle te sê: “Raak My nie aan nie!” Maar aan julle sê Ek nog nadrukliker as aan Thomas: “Plaas nie net jou hand in My litteken nie, maar plaas jou oë, ore, hande en voete in My hele skepping, in al My hemele en in al My aan jul e onthulde wonders van die ewige lewe, en glo dat Ek die Een is, Wie dit aan julle gee! En Ek verlang daarom niks anders as dat julle My liefhet nie. 

26. Maar dan sien Ek altyd nog die Petrus aan die oewer van die meer in julle, aan wie Ek steeds moet vra: “Petrus, het jy My lief?” Want in die geloof is julle wel Petrusse, maar nog lank geen Magdalenas en geen Johannesse, aan wie Ek ook nie gevra of hy My liefhet nie; want Ek het goed geweet waarom hy My gevolg het, hoewel Ek nie aan hom, soos aan Petrus, gesê het nie: “Volg My!”   

27. Petrus het My gevolg, omdat Ek vir hom gesê het om My te volg; maar Johannes het My gevolg, omdat sy hart hom daartoe gedryf het. Wat sou nou beter gewees het?  

28. Petrus het jaloers geword op Johannes, omdat hy hom geringer geag het as homself; Johannes was egter deur My verdedig waardeur tegelykertyd bevestig word dat hy sou bly en dit is meer as die “Volg My!” Want dit is beter dat Ek aan iemand sê: “Bly soos jy is”, as dat Ek hom moet gebied om My te volg. 

29. So is ook die ware, daadkragtige liefde beter as geloof, sien en aanbid en ook beter as om baie oor My te lees, baie te begryp, maar daarenteen weinig lief te hê! 

30. Ek dink dat dit ook weer duidelik sal wees; maar die volgende keer tog nog meer sentraalsonne!

Hoofstuk 6 Mobiele weergawe Kommentaar