Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 7 Skriftekste

“Hy gaan na Pilatus en vra vir die liggaam van Jesus.” (Lukas 23:52) 

(2 Januarie 1844 se aand)

1. Weer word jy ook hier die vrye keuse gelaat om so `n sentraalson uit die boek van die lewe te kwoteer; kies dus `n teks. 

2. “Hy gaan na Pilatus en vra vir die liggaam van Jesus.” 

3. Jy het die teks gekies; Ek kan dit ook nie help dat jy juis tekste kies, wat reëlreg op ons saak van toepassing is nie. 

4. Josef van Arimatea het na Pilatus gegaan en gevra vir die liggaam van die Heer. Pilatus het dit ook vir hom gegee.  

5. Hierdie Josef van Arimatea was `n vriend van Nikodemus en het dit meer in die naam van sy vriend gedoen, wat goed bekend gestaan het, as in sy eie naam. Want Nikodemus was in die geheim `n groot vereerder van Christus, maar uit vrees vir die hoëpriesters en die fariseërs durf hy dit nie heeltemal openlik doen nie; daarom het hy dit aan sy vriend oorgedra wat eweneens, ook in die diepste geheim, `n groot vriend van Christus was. Hierdie kort verklaring was noodsaaklik om dit wat volg, beter te begryp.  

6. Hoe is hierdie teks, en verseker die klein voorval, op ons saak van toepassing. 

Hoofstuk 7 Mobiele weergawe Kommentaar